Maar wat my betref

LEESGROEP

In die opskrif herken ons die woorde van Joshua:
Josh 24:15

Julle kan kies wat julle wil doen, maar wat my en my huis betref – ons sal die Here dien.
But as for me and my house – we will serve the Lord.

Dis die pragtige belofte waarop baie troupreke gebasseer is, en wat as muurtekste in baie Christene se huise hang.

‘n Plegtige belofte wat ons maak – vir alle tye en omstandighede en op alle plekke.

Dit dra dieselfde waarde as die geloofsuitspraak van Kaleb.

As die tien verspieders terugkom uit Kanaän, en voordat Israel hulle beloofde land moet gaan opeis, dan is hulle opgewonde oor die pragtige vrugte van die land, die riviere en die ligging, maar die vreemdheid van die mense, hulle ondeurdringbare vestingsstede, en les bes die reuse, maak hulle moedeloos en bang.

Num 13:26-30

Gistraand was ons president se staatsrede.
Baie mense het vooraf besluit om nie daarna te luister nie;
Baie ander het wel geluister, maar in hulle harte reeds besluit om niks daarvan te glo nie – dit gaan tog net weer mooi beloftes wees;
Maar dan was daar ook die wat met realisme geluister het.
Want ja – SA is in soveel opsigte soos die land Kanaän.
Die land is asemrowend mooi en vrugbaar, maar :
Die mense is vreemd in soveel opsigte;
‘n Reënboogverskeidendheid van tale en gebruike en kulture en godsdienste;
Hier is vestings van rassisme, korrupsie; geweld; armoede; onbekwaamheid; en haat;
En ons uitdagings is inderdaad reusagtig!
Krag en water en klimaatsverandering, ongelykheid en pandemies.
Dis die wat na die staatsrede geluister het met realisme – herkenning van elke feit.
Maar ook biddend en met geloof.
Nie geloof in mense nie – SA is sekerlik menslik gesproke onredbaar – maar geloof in God.

Dis hulle wat tot die nageslag van Abraham behoort – die vader van elkeen wat geloof het.
Dis hulle wat pas in die galery van Heb 11 gelowiges.
Hulle wat nie sien waarop hulle hoop nie, maar tog nooit ophou glo nie.
Die soos Abel en Henog en Noag;
Die soos Moses se ouers, en Ragab en Daniël en Gideon.
Hulle en soveel ander wat in hulle eie leeftyf nooit gesien het waarvoor hulle gehoop en geglo het nie, maar – God het hulle gesien!
En God het hulle gehoor!
God het in hulle geloof gesien – geloof gehoor!
And without faith I cannot please God – I disgust God.

Heb 11:6

De meeste van ons tel onder die nageslag van Duitse, Nederlandse, Franse en Engelse gelowiges wat die lig van geloof na hierdie mooi maar donker land gebring het.
In hoeveel van ons is dit op die ou end net ‘n mooi teorie, ‘n sentimentele muurteks?

As ek nie kan glo dat God in staat is om in hierdie desperate land – nou reeds besig is om bietjie vir bietjie, stukkie vir stukkie, hier en ook daar – mense te verander; vestings om te gooi en reuse neer te werp nie – soos wat Hy dit met Sy wederkoms volmaak en finaal sal voltrek nie, dan moet ek my mooi vroomheid liewers besweer en my muurteks weggee.
Hulle woorde beteken totaal niks as dit nie in SA in 2022 betekenis het nie.

Ek gaan julle vir ‘n week lank laat rus van my boodskappe en sien self ook na ‘n blaaskans uit.
Maar ek het gistraand vir die Here gevra dat hierdie laaste boodskap so relevant sal wees dat dit nie gister of more gepraat sou kon word nie.
En Hy het my met Num 13:30 geantwoord.
Met Kaleb se woorde.